Broadcaster
Susan Hammer
Susan Hammer Susan en haar man Deon is die stigters van “Cry of an Eagle Revival Ministries”, waarin hul profetiese skole aanbied, en mense leer en oprig in die Profetiese Bediening. Susan se passie is God se Koninkryk, die bevordering daarvan en om soveel mense as moontlik bewus te maak daarvan.
Maar dit stop nie daar nie. Haar talente is hoofsaaklik in die IT-Bedryf, wat sy dan ook alles inspan tot die uitbreiding van God se Koninkryk. Dus is sy ook tans betrokke in ‘n Amerikaans-gebaseerde bediening genaamd “National Day of Repentance”, wat veral verskeie Afrika lande asook Australië grootliks impakteer.